Met Ultimate Christmas in Desember ontmoet ek vir Michelle, ‘n ses jarige dogtertjie wat my weer ‘n slag ernstig oor die betekenis van Kersfees laat dink het. Om saam met dié dogtertjie haar geskenk oop te maak was ‘n belewenis. Een vir een het sy die items in die pakkie uitgehaal en elke een was vir haar só kosbaar.
Michelle het ‘n paar keer terug gekom sodat ons dit weer in ‘n ander volgorde kon bewonder. Die lekkergoed, die tandepasta, tandeborsel en sepie, die pop, die t-hempie, was net vir haar ongelooflik. Natuurlik kry ek elke keer ‘n drukkie en ‘n ‘I love you’, en selfs ook ‘n ‘I can see that you love me’.
So is dit immers ook met die groot geskenk, by name Jesus Christus, wat vir ons gegee is en waaraan ons elke jaar gedurende die feestyd weer herinner word. Ek wil soos Michelle hierdie jaar meermale terug te gaan en opgewonde raak oor wat Hy vir my beteken. Ek wil my eie ‘geskenk’ keer op keer oopmaak en die liefde waarmee dit gegee is, ervaar en met die mense rondom my deel.
Die doelwit van 700 geskenke en 250 kospakkies wat ons gestel het, is bereik en die Kerspartytjie was weereens ‘n reuse sukses. Hiermee ‘n gróót dankie aan elkeen wat daartoe bygedra het, ook vir die sorg en liefde waarmee die pakkies opgemaak is. Die vreugde was oorweldigend.
Mag die jaar wat voorlê vir elkeen van julle een word waarin julle ook soos Michelle weer en weer opgewonde kan raak oor God se liefde en genade in julle eie lewens.

RSS Feed